Saturday 14 May 2022

Wilgerlied

Woedend sal sy wortel skiet.

Die Wilger grawe uiters diep.

Weinig sal die ou siel faal.

Duister kennis - Moedertaal.


Bas en blaar; grond en sand.

Koue water byderhand.

Op die oewer - langs die riet.

In die stilte sing die Wilgerlied.

Tuesday 10 May 2022

Herfstoneel

'n Buiterand van somergroen
Skets 'n blaar van die herfs seisoen.

'n Sonnige geel - heuning en hooi,
Kneusings van pers, oranje en rooi.

Die wind wil byt en die bome bloei, 
'n Hele reƫnboog;
Die landskap verhoog.

Tot die laaste druppel kleur;
'n Roesbruin blaar 
Breek, val neer.
Hoor hoe kraak hy onder voet.
Die herfs seisoen is bitter-soet.