Saturday, 23 March 2024

Kryger

Douvoordag staan die kryger wag, 
Op die grenspos tussen wild en woning.
'n Blaar ritsel in die bos - vyand of kos?
'Soms bring die wind 'n verandering van koning.'

Filosofie staan op sy.
Geweerloop kom by.
Sneller rus teen 'n vinger koud van bloed.

Hamer wil net steek, 
Soos 'n angel moordbeneuk, 
Op die rug van 'n yster skerpioen.

In 'n asem klap die knel.
Die teiken val soos vel.
Kryger rus.
Die weerlig sal vertel, 
Van 'n mik so sekuur 
In die grys oggenduur, 
Die wêreld suis, 
Soos bokvet op die vuur.

Monday, 18 March 2024

Rise

Keep watch, the dawn shall break
Upon the broken night.
Works of filth and fear
Once more shall burn in light.

Hope, which withered in shadow
And choked on sorrow and strife, 
Shall feel the cleansing breeze;
Shall taste the breath of life.

Slumbering souls shall wake.
Tendrils shall recede.
The spirit is restored
With every righteous deed.