Woedend sal sy wortel skiet.
Die Wilger grawe uiters diep.
Weinig sal die ou siel faal.
Duister kennis - Moedertaal.
Bas en blaar; grond en sand.
Koue water byderhand.
Op die oewer - langs die riet.
In die stilte sing die Wilgerlied.
Woedend sal sy wortel skiet.
Die Wilger grawe uiters diep.
Weinig sal die ou siel faal.
Duister kennis - Moedertaal.
Bas en blaar; grond en sand.
Koue water byderhand.
Op die oewer - langs die riet.
In die stilte sing die Wilgerlied.
Langgras klou aan geroeste doringdraad,
langs 'n vetplant see van seepgroen en staal.
Op die klipstoep bak die oggend son,
waar die tawwe rottangstoel verweer,
terwyl die Weskus branders roep,
en die skoon wind ruik aan fynbos soet.