Met vrye wil,
kies ek verkeerd
in elke oomblik -
weer gebreek.
Oorbegin,
met elke asem.
Steek my weg
in Spieël se wasem.
in Spieël se wasem.
Moeggeslaap,
maar kan nie waak.
Drome maak my deernis vaak.
Wat as ek hier onder bly?
'n Besluit wat bloei,
en 'n Hart wat sny.
No comments:
Post a Comment